Terug na Woordraai

Privaatheid

Laas bygewerk: 18 November 2026

Jy hoef nie aan te meld om Woordraai te speel nie, en ons vra nie jou naam, e-pos of foonnommer nie. Hier is wat wel gebeur.

Op jou toestel

Jou raaiskote, reeks en spaardae word net in jou blaaier gestoor. As jy jou blaaier se data uitvee, is dit weg.

Uitslae en groepe

As jy 'n woord klaar speel, stoor ons net of jy gewen het en hoeveel kanse dit gevat het, sonder enigiets wat na jou wys. Dit gee die "vinniger as X%" syfer. As jy by 'n groep aansluit, sien die ander lede die naam wat jy kies en jou daaglikse uitslag.

Gasteboek

Idees wat jy in die gasteboek los, en die naam as jy een gee, word gestoor en kan op die webwerf verskyn nadat ons dit gelees het.

Google Analytics

Ons gebruik Google Analytics om te tel hoeveel mense speel en waarvandaan hulle kom. Google gebruik koekies hiervoor. Jy kan dit afskakel met Google se opt-out-byvoeging.

Meta Pixel

Ons adverteer op Facebook en Instagram, en die Meta Pixel laat ons sien of daardie advertensies mense na die speletjie bring. Meta kan hiervoor koekies gebruik en dit koppel aan jou Facebook- of Instagram-rekening as jy aangemeld is. Jy kan beheer watter advertensies jy sien by jou Meta-advertensievoorkeure.

Wat ons nie doen nie

Ons verkoop nie jou inligting nie, en ons stuur nie vir jou boodskappe nie.